Local newsNews

Helpende Hand bied suksesvolle mark op Secunda aan

Organisasie soek vrywilligers om geskenke toe te draai.

SECUNDA – Die organisasie, Helpende Hand se Secunda-tak het op Saterdag, 14 November, ‘n markdag by Davieshof aangebied om geld in te samel sodat hulle volgende jaar nuwe projekte kan aanpak.

Me. Liza de Coning, voorsitter van dié tak, het gesê hul markdag was suksesvol en hulle berei tans voor vir hul volgende projek om geskenke toe te draai.

Sy het die gemeenskap aangemoedig om hulle te ondersteun in dié projek wat vanaf 28 November tot 25 Desember in Checkers by Secunda Mall gaan plaasvind.

Helpende Hand gaan gedurende dié tyd daagliks ‘n tafel in Checkers hê waar hulle Kersgeskenke gaan toedraai.

Die doel van dié projek is om geld vir die tak in te samel.

Helpende Hand se vrywilligers is me. Henda van Deventer, me. Bettie Jordaan, me. Liza de Coning, me. Sandra van der Walt, me. Alta Bezuidenhout en agter is mnr. Gerhard de Coning. (Foto: Verskaf)
Die vrywilligers van Helpende Hand wat op Saterdag, 14 November dié tak se stalletjie beman het is me. Izanne April (ondervoorsitter), me. Liza de Coning (voorsitter), Alta Bezuidenhout (Ons Winkel-eienaar) en me. Sandra van der Walt (sekretaresse). (Foto: Verskaf)

Me. De Coning het vrywilligers genooi om haar te skakel as hulle betrokke wil raak en die tak kort ook skenkings van kleefband en geskenkpapier.
Skakel me. De Coning by 082 567 22477 vir meer inligting.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button