Local newsNews
Secunda se fotograwe wys hul beste foto’s by vergadering
Hoëveld Fotografieklub op Secunda hou laaste vergadering vir die jaar

SECUNDA – Lede van die Hoëveld Fotografieklub het op Vrydagaand, 6 November vir die tweede keer sedert die inperkingstyd bymekaar gekom en ook hul laaste vergadering vir die jaar gehou.
Me. Jenny Stilwell was die beoordelaar en die voorgeskrewe onderwerp vir November was ‘Rustic’.
Me. Barbara Mitton was die wenner in die voorgeskrewe onderwerpafdeling met haar foto, The Blue Door.
Sy het drie sertifikate van meriete vir haar ander foto’s, Velddrif Heron, in die natuurvoëlsafdeling, Jan Koopman – die roosterkoek seller in die pikturale afdeling en Gated Fields, ook in die pikturale afdeling, behaal.
Dr. Leon Pelser het die beste foto geneem onder die senior fotograwe en dié afdeling gewen met sy foto, Staring, in die pikturale afdeling terwyl mnr. Johan Viljoen die beste foto onder die junior fotograwe geneem het en gewen het met sy foto Laeveld in die landskapafdeling.
Mnr. Viljoen het ‘n sertifikaat van meriete vir een van sy ander foto’s, Bokkie, in die natuurafdeling behaal.
Me. Sussa Pelser het ook die sertifikate van meriete ingeryg vir haar foto’s, Potholes in die landskapafdeling, Drops on Lily in die natuurafdeling, Prost in die pikturale afdeling en Modern Model, ook in die pikturale afdeling.
Die ander fotograwe wat sertifikate van meriete vir hul foto’s ontvang het, is me. Hester Griessel vir haar foto’s, Sasol by Night in die landskapafdeling en Veldblom in die natuurafdeling, mnr. Gerrit Myburgh met sy foto, Frozen Fun in die pikturale afdeling, me. Adri Kirsten met haar foto, Heuningby in die pikturale afdeling en mnr. Piet
Potgieter met sy foto, Low Flying, ook in die pikturale afdeling.
Dié fotografieklub sal weer volgende jaar afskop met ‘n vergadering en belangstellendes is welkom om by dié klub aan te sluit.
Vir meer inligting, skakel mnr. Pierre Jordaan by 082 465 0248.








At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



