Local newsNews

Tannie Baby Lombard (93) van Ermelo het die geskiedenis beleef en oorleef

Me. Baby Lombard van Ermelo het die Groot Depressie, Spaanse-griep, twee wêreldoorloë, die Republiekwording en die eerste maanlanding meegemaak.

Op 93 jaar oud het sy verskeie wêreldgebeurtenisse en op eie bodem beleef en oorleef.

Me. Baby Lombard van Ermelo het die Groot Depressie, Spaanse-griep, twee wêreldoorloë, die Republiekwording en die eerste maanlanding meegemaak.

“Ek onthou nog hoe my oupa tydens die Groot Depressie ’n skaap met ’n lam vir ’n halfkroon verkoop het,” het sy met groot heimwee vertel van daardie jare.

Tydens die eerste demokratiese verkiesing in Suid-Afrika in 1994 het sy gestem, en vanjaar het sy ook die Covid-19-pandemie oorkom.

Met die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog was sy ’n jong meisie en het later met met mnr. Willie Lombard getrou.

Hy was ’n soldaat wat vrywillig vir vyf jaar lank tydens die Tweede Wêreldoorlog aan die Noordkus van Afrika geveg het. Me. Lombard se pa was ’n oorlewende van ’n konsentrasiekamp nadat albei sy ouers in die Anglo-Boereoorlog dood is.

Nadat sy en mnr. Lombard getroud is, het sy op hulle stuk grond met stoetskape geboer, en vrugte en groente verbou.

Hulle het daar vir Arie, hul seun, grootgemaak en die gemeenskap van Wakkerstroom en Ermelo bedien. Me. Lombard was vir jare ’n lid van die Vrouefederasie (vandag SAVF) en is steeds vandag betrokke by die kerkgemeenskap.

Vandag bly sy alleen in haar eie huis op die dorp, waar sy nog self die huis skoonmaak en haar eie kos maak.

Tot en met ses jaar gelede het sy nog haar eie klere ook gemaak. In die kompleks waar sy woon, stap sy daagliks en almal kom put uit haar kennis, ervaring of kundigheid, hetsy dit oor gesondheid of iets anders is.

Afrikaanse geskiedenis en kultuur het me. Lombard nog altyd na aan die hart gelê.

Sy is ook onlangs deur die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) vereer vir haar dienswerk om die Afrikaanse taal, kultuur en geskiedenis in haar omgewing te bevorder.

Lees die FAK en me. Lombard se skoondogter se kommentaar oor haar in die volgende Hoëvelder Koerant.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button