Local newsNews

Immortal Guardians oorhandig sanitêre ware aan die outehuis op Standerton

“Dit is ’n voorreg om betrokke by so ’n projek te wees,” het mnr. Slabbert destyds gesê.

Die motorfietsklub van Standerton, Immortal Guardians, het op Saterdag 28 November sanitêre ware aan die Kosmos Aftree-oord oorhandig.

Hulle het ‘n geldinsamelingsinisiatief op 31 Oktober van stapel gestuur en tydens dié geleentheid by die kruising van Buiten- en Burgerstraat, was die toegangsfooi ‘n sanitêre produk.

Volgens die klubpresident, mnr. Gideon Slabbert het sowat 70 mense opgedaag.

“Dit is ‘n voorreg om betrokke by so ‘n projek te wees,” het mnr. Slabbert destyds gesê.

Die bekende geluid van motorfietsenjins is reeds vanaf 10vm die naweek in Mbonani Mayiselastraat gehoor en kindertjies het help uitpak aan die goedere.

Besoek die webtuiste van die Standerton Advertiser vir ‘n galery van die foto’s.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button