OPVOLG: Kwekery op Bethal stel Kersboeremark uit na 12 Desember
Die doel van dié mark is om ’n platform te skep om plaaslike inwoners, asook ander instansies, die geleentheid te bied om hul produkte te verkoop.

Die Coniforest Kwekery op Bethal se beplande Kersboeremark op Saterdag, 5 Desember is weens moontlike reën uitgestel na 12 Desember.
Die mark begin om 8vm en sal duur tot 3nm.
Die doel van dié mark is om ’n platform te skep om plaaslike inwoners, asook ander instansies, die geleentheid te bied om hul produkte te verkoop.
Die organiseerder van die mark, me. Rita Slabbert, het gesê die afgelope jaar was besonder moeilik vir alle ondernemings en het veral sekere sektore baie hard getref.
Daar is reeds verskeie kosstalletjies wat by die mark gaan wees en die DBV gaan ook kos verkoop op dié dag en ’n koffiewinkel sal sorg vir genoeg om die dors te les.
Daar sal ook ’n speletjiestafel beskikbaar wees vir die kinders.
’n Radiostatsie gaan ook die mark bywoon en sorg vir musiek vir die dag en die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBS) gaan ook ’n mobiele eenheid daar hê sodat die gemeenskap kan bloed skenk.
Daar is nog uitstalruimte beskikbaar, vir meer inligting skakel 083 227 0820 of 083 560 1155.



