Local newsNews

Oud-Errie vermis na sy en vriende met ‘tubes’ in Oranjerivier swem

’n Soektog is dieselfde dag van stapel gestuur met die plaaslike polisie se duik-en-reddingseenheid asook bekommerde inwoners en ander rolspelers, maar is later opgeskort weens die gevare wat dit vir die betrokkenes ingehou het.

Me. Klarissa Joubert (19), ’n oud-leerling van Hoërskool Ermelo, is sedert 21 Januarie vermis nadat sy en vriende glo in die Oranjerivier met “tubes” geswem het.

Na wat verneem word van mnr. Ben Almero, eienaar van ’n veiligheidsmaatskappy en wat kennis dra oor die soektog, het me. Joubert glo van die “tube” waarop sy was, afgegly en is deur die rivier – wat tans sterk vloei, meegesleur.

’n Soektog is dieselfde dag van stapel gestuur met die plaaslike polisie se duik-en-reddingseenheid asook bekommerde inwoners en ander rolspelers.

Die soektog is egter later opgeskort weens die gevare wat dit vir die betrokkenes ingehou het.

Hoërskool Ermelo het op hul Facebookblad die volgende inskrywing geplaas:

“Ons bid saam met ’n oud-Errie, Klarissa Joubert, se familie en vriende.
“Sy het gematrikuleer te EHS in 2019 en word vanaf Donderdagaand 21 Januarie vermis.
“Mag elkeen in hierdie tyd krag ontvang en ons Vader se genade en vertroosting ervaar.
“Die Erries dra Klarissa en haar gesin op aan God – vir Hom is niks onmoontlik nie.”

Die soektog is volgens mnr. Almero, Vrydagoggend met dagbreek, 22 Januarie, hervat met helikopters asook rubberbote wat onverpoos me. Joubert probeer opspoor.

Me. Klarissa Joubert (19), ’n oud-leerling aan Hoërskool Ermelo, het op 21 Januarie vermis geraak nadat sy en vriende glo in die Oranjerivier met “tubes” geswem het. (Foto: Hoërskool Ermelo Facebookblad)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button