Local newsNews

Liggaam van Klarissa Joubert opgespoor in Oranjerivier

Tydens die soektog het plaaslike veiligheidsgroepe in Orania, OraniaMED24, die Suid-Afrikaanse Polisie, boere uit die omgewing, en verskeie inwoners en vrywilligers dag en nag saamgewerk om Klarissa te vind.

Dit is met leedwese dat die Hoëvelder kan bevestig dat die liggaam van Klarissa Joubert (19) wie sedert Donderdagaand, 21 Januarie, vermis was, gevind is.

Volgens ’n inskrywing op die Orania Beweging se Facebookblad is haar liggaam naby aan die punt waar die fratsongeluk gebeur het, gevind.

Me. Joubert het op 21 Januarie saam met vriende op binnebande in die Oranjerivier gaan swem en het van die binneband waarop sy was afgegly – sy is deur die rivier meegesleur.

Tydens die soektog het plaaslike veiligheidsgroepe in Orania, OraniaMED24, die Suid-Afrikaanse Polisie, boere uit die omgewing, en verskeie inwoners en vrywilligers dag en nag saamgewerk om Klarissa te vind.

Die familie het ‘n ernstige beroep gedoen dat media en ander persone hulle privaatheid respekteer, hulle nie skakel nie en alle navrae deur die amptelike woordvoerder doen.

Die Hoëvelder wil in hierdie tyd ons innige meegevoel en simpatie met die gesin betuig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button