Local newsNews

Room van Ermelo se fotograwe vir treffende foto’s vereer

Al die fotograwe het soos oudergewoonte aangrypende en fleurige foto’s ingeskryf vir vandeesmaand se kompetisie, wat deur die gasspreker, mnr. Peter Cavanagh, van Midlens Fotoklub in Middelburg, beoordeel is.

Die room van Ermelo se fotograwe word maandeliks in die Hoëvelder vereer vir hul treffende foto’s wat van tegniese presiese en kreatiwiteit spreek.

Die Ermelo Fotoklub het weer in Maart hul maandelikse vergadering gehou.

Al die fotograwe het soos oudergewoonte aangrypende en fleurige foto’s ingeskryf vir vandeesmaand se kompetisie, wat deur die gasspreker, mnr. Peter Cavanagh, van Midlens Fotoklub in Middelburg, beoordeel is.

Vir die wat nog nie weet nie, die klub bied ’n wonderlike geleentheid aan beginnerfotograwe om by ander kennis te put en sodoende slyp hul hul tegnieke en vaardighede.

Lede kry maandeliks die geleentheid om drie foto’s in die ope-afdeling, en een foto in die vasgestelde onderwerp-afdeling, in te skryf.

Die vasgestelde onderwerp vir vandeesmaand was eiers.

Maak seker om jou kopie van die Hoëvelder te kry vir al die uitslae.

Wil jy ook by die klub aansluit en jou foto-kennis verbreed? Stuur dan ’n epos na ermelofotoklub18@gmail vir meer inligting.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button