Kosmos Aftree-oord op Standerton onder nuwe bestuur
Mnr. Jack la Grange het op Vrydag, 19 Maart as bestuurder bedank.
Dr. Mollie Lyons en me. Sanpat Coetzee het op Maandag 22 Maart die bestuur van die Kosmos Aftree-oord op Standerton oorgeneem.
Sowel dr. Lyons, ‘n bedryfsielkundige op die dorp, as me. Coetzee, het uitgebreide bestuurservaring op senior bestuursvlak.
Hulle is in verskillende akademiese rigtings gekwalifiseer.
Op versoek van die direksie, sal die aftree-oord vir ‘n tydperk gesamentlik bestuur word, totdat die pos permanent gevul kan word.
Dr. Lyons sal steeds sekere dae as bedryfsielkundige beskikbaar wees, terwyl me. Coetzee van Johannesburg af sal pendel en in die ouetehuis woonagtig wees.
Volgens ‘n persverklaring, is hulle visie om Kosmos Aftree-oord ‘n kliënt-gesentreerde huis vir al die inwoners te maak deur ‘n professionele bestuursbenadering te volg.
Dit is ook hul doelwit om soveel moontlik individue en groepe in die Standerton-gemeenskap by die oord betrokke te kry.
Alle belanghebbendes word genooi om kontak te maak en idees uit te ruil.
Die verklaring is afgesluit dat hulle daarna uitsien om saam met die inwoners, direksie, personeel en die breë gemeenskap Kosmos Aftree-Oord suksesvol te bedryf.
Mnr. Jack la Grange het op Vrydag, 19 Maart as bestuurder van die Kosmos Aftree-oord bedank.



