Local newsNews

Ermelo-gemeenskap jag vir paaseiers by opgeknapte Veltman-parkie

Nuwe swaaie, ’n rondomtalie en wipplank is aangebring te danke aan mnr. Ben Greyling van Sakuma Steel terwyl mnr. Neil Mattieson die sny van die gras behartig het.

Gesinne het op 3 April by die opgeknapte Veltman Park aan ’n paaseier-jag deelgeneem.
 
Die Msukaligwa Business & Community Forum (MB&CF), Ermelo Phoenix Rotary Club, Sukuma Steel, Tidius tuindienste, DP Signs, Msukaligwa Munisipaliteit, Jabula Plant Hire en verskeie ander sakelui en inwoners, het hande gevat om Veltman Park weer ‘n plek te maak vir kinders om te kan speel en families om uit te span.
 
Nuwe swaaie, ’n rondomtalie asook ’n wipplank is aangebring te danke aan mnr. Ben Greyling van Sukuma Steel terwyl mnr. Neil Mattieson die sny van die gras behartig het.
 
Sien al die foto’s HIER
 
Pick ‘n Pay, Checkers, Spar en Hemelse pêrels het die paaseiers geskenk.
 
Volgense me. Maryke Claasen van MB&CF, is daar glo nog groot dinge in die pyplyn.
 
Die Hoëvelder sal lesers op hoogte van verrigtinge hou.
 
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button