Local newsNews

Hier’s jou kans op faam – skryf vandag in

Die geleentheid is geskik vir dansers, akteurs, sangers, instrumentaliste, modelle en gimnaste.

Droom jy daarvan om op groot verhoë te pronk?

Die Suid Afrikaanse Kampioenskap vir Uitvoerende Kunste kan aan jou die geleentheid bied.

Nie net kry amateurs en professionele uitvoerende kunstenaars die kans om provinsiale – en Suid-Afrikaanse-kleure te verwerf nie, maar dit is ook die enigste platform waar jy aan die Wêreld

Kampioenskap vir Uitvoerende Kunste in Los Angeles kan deelneem.

Bogenoemde word ook die Olimpiese Spele van Uitvoerende Kunste genoem.

Die geleentheid is geskik vir dansers, akteurs, sangers, instrumentaliste, modelle en gimnaste.

Die oudisies sal in Nelspruit plaasvind.

Kunstenaars van 5 jaar tot 30+ kan inskryf.

Inskrywings is tans oop en die sluitingsdatum is 20 Junie.

Vir meer inligting kan me. Jana Claassens, provinsiale direkteur vir Mpumalanga, by 078 911 0454 geskakel word of www.sacopa.co.za besoek word.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button