Local newsNews

VLU-vroue van Standerton verwerf verskeie toekennings by streekkonferensie

Me. Alna Kapp, streekvoorsitter, het haar 30-jaar-lidmaatskapknopie in ontvangs geneem en is ook as algehele konferensiewenner aangewys.

Die VLU se Platrandtak het goed by Tambuki-streek se onlangse konferensie op Piet Retief gevaar.

Altesaam 56 lede van Amersfoort, Kaleidoskoop, Piet Retief, Platrand, Robyn, Saligna, Talento Mulher, Volksrust en Wakkerstroom was by die 20ste konferensie teenwoordig.

Kaleidoskoop van Piet Retief was gasvroue en het dié spoggeleentheid net buite die dorp aangebied.

Me. Alna Kapp, streekvoorsitter, het haar 30-jaar-lidmaatskapknopie in ontvangs geneem en is ook as algehele konferensiewenner aangewys.

Me. Kapp het voorts eerste plekke in mandala-hekelwerk en “crazy patch’-masjienborduurwerk ingepalm, ‘n derde plek in borduurmasjienwerk en borduurmasjienwerk-sakkie en ‘n vierde plek in borduurmasjien-teenet.

Me. Carien Schabort, takvoorsitter, is as ondervoorsitter verkies.

Me. Schabort het ook presteer en eerste plekke in paletmes skilderkuns, handvlyt gemengde media op ‘canvas’, boerduurmasjien-teenet, handborduur, hardhanger en masjienwerk-sakkie behaal, ‘n derde plek in fotografie en vierde plekke in masjienwerk-drasak en mandala-hekelwerk.

Sy het algeheel derde as lid met die meeste punte geëindig.

Me. Stephanie Schutte was eerste in fotografie, me. Chantelle Jooste tweede in gemengde media op hout, me. Lena du Plessis derde in ‘crazy patch’-masjienborduur en mee. Petro Jooste en Hannetjie du Preez onderskeidelik vyfde in handborduur-hardhanger en Mandala-hekelwerk.

Platrand-tak het die onderskeiding behaal om eerste met die SA-artikels te eindig, tweede met streek-artikels en het die algehele tweede plek ingepalm.

Dié tak hou elke eerste Dinsdag van die maand hul maandvergadering en het vroue genooi om dit by te woon.

Vir meer inligting, skakel me. Schabort by 083 928 2121.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button