Local newsNews

Bestuur van Ermelo SAVF bedank De Wit Motors

Volgens me. Annelize Maré, bestuurder van die SAVF-tehuis op Ermelo, sal die nuwe toevoeging die werk van die personeel aansienlik verminder.

Die bestuur van Ermelo SAVF-tehuis het mnr. Phillip Coetzer van De Wit Motors bedank vir die skenking van ’n Sara 3000, ’n apparaat wat die verpleegpersoneel help om pasiënte veilig vanaf hul bed na ’n rolstoel te verskuif.
 
Dié masjien word gebruik om mobiliteitspasiënte te help wanneer hulle nie self van ’n sitposisie na ’n staande posisie kan oorgaan nie.
 
Volgens me. Annelize Maré, bestuurder van die SAVF-tehuis op Ermelo, sal die nuwe toevoeging die werk van die personeel aansienlik verminder.
 
Sy het bygevoeg dat die personeel sowat 2000kg per dag optel, met pasiënte wat geskuif word.
 
Me. Maré het gesê: “Namens die verpleegpersoneel, bestuur en inwoners wil ons vir Phillip Coetzer en Adele du Plessis, asook elkeen wat ’n bydrae gemaak het vir die masjien, bedank.”
 
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button