Local newsNews
Ermelo Fotoklub kondig April-wenners aan
Me. Mari Kruger is met haar foto, Lurking in the shadows, as die junior-wenner aangewys en mnr. Jacques Kruger met, Coming Soon, is as die senior-wenner aangewys.
Ermelo Fotoklub het onlangs hul maandelikse byeenkoms aangebied, waartydens die wenfoto’s vir April aangewys is.
Die lede was baie opgewonde om weer bymekaar te kon kom en om die beoordeling van hul foto’s te sien.
Mnr. Leon Drotsky en mnr. Hardus Pieters van dié klub, het die lede se foto’s beoordeel.
Me. Christa Strauss, voorsitter van Ermelo Fotoklub, het vertel dat hulle beoog om met hul volgende byeenkoms wat op 7 Mei sal plaasvind, weer ’n spreker te kry.
Elke maand kry fotograwe die kans om vier foto’s in te skryf, waarvan een van die foto’s in die vasgestelde onderwerp ingeskryf word.
Sien al die foto’s HIER
Die vasgestelde onderwerp vir vandeesmaand was skaduwee.
Me. Mari Kruger is met haar foto, Lurking in the shadows, as die junior-wenner aangewys en mnr. Jacques Kruger met, Coming Soon, is as die senior-wenner aangewys.
Maak seker om die Hoëvelder te lees vir die volledige uitslae.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



