Local newsNews

Alzheimers-inwoners se humor nie verlore

“Net toe ek gedink het dat tannie Dawn klaar is met haar mannetjie, het sy die stertjie bygevoeg,” het me. Van Schalkwyk skertsend gesê.

Die inwoners van die SAVF-tehuis se Alzheimers-eenheid het onlangs in een van hulle kunsklasse met klei gewerk.

Me. Santa van Schalkwyk, verpleegster by dié eenheid, het vertel dat hulle weekliks kunsklasse vir die inwoners aanbied om hulle geheue te stimuleer.

Sy het bygevoeg dat dié inwoners nie onlangse gebeure onthou nie, maar dat hul langtermyngeheue ongeaffekteer is.

“Ons doen weekliks verskillende klasse met die seniorburgers om hulle uit hul kamers te kry en hulle breine aan die werk te sit.”

Me. Dawn Nel (83) het tydens een van die klasse ’n stokman van klei gemaak.

“Net toe ek gedink het dat tannie Dawn klaar is met haar mannetjie, het sy die stertjie bygevoeg,” het me. Van Schalkwyk skertsend gesê.

Sy het verder vertel dat die inwoners baie trots op hul kunswerke is en dat dit in elkeen se kamer uitgestal word.

Enige persoon wat kunsbenodighede wil skenk, kan die SAVF-tehuis skakel by 017 819 3617.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button