Vragmotors in twee ongelukke net buite Standerton betrokke
Dié ongeluk het 5km buite Standerton op die Volksrust-pad plaasgevind.
Vragmotors wat steenkool vervoer, was in ligte laaie op Sondag 25 April.
Dié ongeluk het 5km buite Standerton op die Volksrust-pad plaasgevind.
‘n WhatsApp-boodskap omstreeks 5.01vm het aangedui dat die pad vir verkeer gesluit is.
Teen 9.40vm was die R23 steeds gesluit en alle aanduidings was dat dit ‘n geruime tyd sou duur.
Die Standerton Advertiser het op Maandag 26 April in verbinding met die Standerton Polisie getree om uit te vind of daar enige beserings was.
Adj.-off. Nkosinathi Khanyile het bevestig dat een vragmotorbestuurder oorlede is.
Die naam van die oorledene kan nie bekend gemaak word nie alvorens die naasbestaandes in kennis gestel is nie.
Sowat 13km uit op die Secunda-pad het nog ‘n ongeluk op Maandag 26 April omstreeks 8.55vm plaasgevind.
Digte rookwolke het die lug ingeborrel nadat ‘n vragmotor aan die brand geslaan het. Meer besonderhede kon nie teen druktyd ingewin word nie.



