Local newsNews

Secunda se fotograwe skryf beste foto’s in vir byeenkoms

Belangstellendes kan volgende byeenkoms op 7 Mei bywoon.

SECUNDA – Lede van die Hoëveld Fotografieklub het onlangs hul vergadering vir April gehad en me. Sussa Pelser was die wenner in die voorgeskrewe onderwerp-afdeling met haar foto, Violin and Rose.

Die voorgeskrewe onderwerp vir April was Musiek.

Me. Lorraine Botha was die wenner onder die junior fotograwe met haar foto, Snob.

Mnr. Danie Smit was die wenner onder die senior fotograwe met sy foto, By Tant Drieka en me. Lorraine Botha was die wenner onder die junior fotograwe met haar foto, Snob.

Al drie dié fotograwe het sertifikate van meriete vir hul foto’s ontvang.

Die ander fotograwe wat sertifikate van meriete ontvang het, is mnr. Johan Viljoen vir sy foto, Miner, in die natuurvoëlsafdeling, dr. Leon Pelser vir sy foto’s, Soya and Mielie Fields, en Worm in Curve, in onderskeidelik die landskapafdeling en die natuurafdeling en mnr. Smit vir sy foto, Amit Yahav plays Chopin in die voorgeskrewe onderwerp-afdeling.

Me. Sussa Pelser se foto, Violin and Rose, was die beste in die voorgeskrewe onderwerp-afdeling.

Die Hoëveld Fotografieklub se volgende byeenkoms is op Vrydagaand, 7 Mei om 6nm in die Scrum Inn saal by die Sasol Ontspanningsklub.

Belangstellendes is welkom om dié byeenkoms by te woon.

Vir meer inligting, skakel mnr. Hanno de Beer by 071 365 6440.

Dr. Leon Pelser het ‘n sertifikaat van meriete ontvang vir sy foto, Worm in Curve, in die natuurafdeling.
Mnr. Danie Smit het ’n sertifikaat van meriete ontvang vir sy foto, Amit Yahav plays Chopin, in die voorgeskrewe onderwerp-afdeling.
Dr. Leon Pelser het ’n sertifikaat van meriete ontvang vir sy foto Soya and Mielie Fields, in die landskapafdeling.
Mnr. Johan Viljoen het ’n sertifikaat van meriete ontvang vir sy foto, Miner, in die natuurvoëlsafdeling.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button