Danelle Kerswell se droom realiseer
Produkte wat baie gewild is, is haar unieke haarknippies en koffiebekers met 'n bypassende teelepel.
Me. Danelle Kerswell se liefde vir kuns het haar staande gehou nadat sy onlangs haar werk van nege jaar verloor het.
Hoewel sy nog altyd ‘n kreatiewe siel was en gedroom het om eendag haar eie onderneming oop te maak, het sy nooit gedink dat dié droom ‘n werklikheid sou word nie.

Sy het onlangs begin om produkte met klei te versier wat daarna gebak word.
Die gogga het haar gebyt nadat sy en haar ma, me. Bets Spies, ‘n kleiklas bygewoon het waar hulle geleer het om ‘n teelepel te maak.
“Ek het daarna vir ons die nodigste toerusting aangeskaf en ons het sommer in die eetkamer begin werk.”
Dit het later van tyd byna haar hele sitkamer oorgeneem en haar man het voorgestel dat hulle die houthuis agter in hul erf in ‘n werksplek omskep.
Dié houthuis het sommer gou in hul studio verander, waar hulle ure spandeer om die mooiste produkte te maak.
Me. Kerswell het vertel dat hulle van Polimer-klei, wat in alle kleure voorkom, gebruikmaak.
Produkte wat baie gewild is, is haar unieke haarknippies en koffiebekers met ‘n bypassende teelepel.

Een van die grootste uitdagings wat me. Kerswell onlangs aangepak het, was om teelepels met Vikings, motorfietshelms en kameras op te maak.
“Dit was baie uitdagend maar ek het dit vreeslik geniet en was baie trots op die eindproduk.”
Lees die volledige berig in die Hoëvelder.




