Local newsNews

VLU-vroue van Standerton word oor behoeftes van hul troeteldiere ingelig

Die veearts het beklemtoon dat elke troeteldier wat buite slaap, van ’n behoorlike skuiling teen son, reën en hael voorsien moet word.

Die VLU se Kaalspruit-tak het op Dinsdag 20 April by die Hervormde Kerk op Standerton vergader.

Dr. Amelia Swart, ‘n veearts, was aan die woord om die vroue te vertel van troeteldiersiektes.

Dr. Swart het die vroue oor die behoeftes van troeteldiere ingelig en vele interessanthede is uitgeruil.

Honde is metgeselle, wat dien as beskermers en tot die mens se sosiale welstand bydra.

Hulle word ook as gidshonde en snuffelhonde opgelei en kan vir telingsdoeleindes gebruik word.

Hondjies speen na ses weke van moedersmelk en benodig daarna net skoon, vars water.

Grootrashondjies moet tot twee jaar babahondekos kry anders kan dit hul beengroei beïnvloed.

“Dit is goed as hulle hondepille eet, want dit skuur die tande skoon en is gebalanseerd,” het dr. Swart aangedui.

“Sagte kos veroorsaak tandsteen wat groot kalusse op die tand maak.”

Voorts is lekkernye vir honde en katte beskikbaar, maar moet nie die pille vervang nie.

“Na sewe jaar begin troeteldiere ‘n senior dieet volg.”

Om troeteldiere gereeld te laat ent, voorkom latere uitgawes.

Die veearts het beklemtoon dat elke troeteldier wat buite slaap, van ‘n behoorlike skuiling teen son, reën en hael voorsien moet word.

Troeteldiere moet daagliks aandag kry en gereeld hanteer word wat dit makliker maak om hul byvoorbeeld na die veearts te neem.

“‘n Bang hond byt en is gevaarlik,” het sy mee afgesluit. (Inligting: Verskaf)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button