Noodwerkers haas hulle na verskeie ongelukstonele op Standerton en omgewing
Op Woensdag 28 April was ambulansdienste en die polisie douvoordag op die Vrede-pad nadat ’n motor, met twee insittendes, aan die brand geslaan het.
Verskeie ongelukke het die afgelope week plaasgevind.
All Star Towing Services het op Dinsdag 27 April om 7.03vm inwoners gewaarsku om versigtig in Walter Sisulurylaan te bestuur nadat daar ‘n botsing was.
‘n Motorbestuurder wat klaarblyklik beheer oor sy voertuig oor ‘n laagwaterbrug verloor het, het op Dinsdag 27 April tussen die Robersdrift-pad en Villiers met geringe beserings daarvan afgekom.
Op Woensdag 28 April was ambulansdienste en die polisie douvoordag op die Vrede-pad nadat ‘n motor, met twee insittendes, aan die brand geslaan het.
Twee mense is in die ongeluk dood.
Die Standerton Advertiser het op Vrydag 30 April navraag oor die name van die oorledenes by die Standerton Polisie gedoen.
Adj.-off. Nkosinathi Khanyile het onderneem om vas te stel.

Volgens Jeria Ambulansdienste, het een man in die motor doodgebrand en die ander het van brandwonde aan sy bolyf beswyk.
Daar was weer eens ‘n botsing by die New Denmark-kruising op Woensdag 28 April.
Die insleepdienste het om 7.35vm inwoners in kennis gestel en om 8.05vm aangedui dat die ongelukstoneel binne 10 minute opgeruim sou wees.
Nog ‘n ongeluk het op Donderdag 29 April voor Platrand gebeur.



