Local newsNews

Ermelo CMR Kinder -en Jeugsorgsentrum benodig hulp om uit te brei

Dié opgradering sal hul in staat stel om na 50 kinders om te sien. Dié sentrum huisves tans 30 kinders, met die jongste wat slegs ’n paar maande oud is en die oudste 17.

Die CMR Kinder -en Jeugsorgsentrum op Ermelo is in Oktober verlede jaar goedgekeur om met uitbreidings te begin.

Dié opgradering sal hul in staat stel om na 50 kinders om te sien.

Dié sentrum huisves tans 30 kinders, met die jongste wat slegs ’n paar maande oud is en die oudste 17.

Daar is drie verskillende eenhede op Ermelo.
• In die baba-eenheid word babas tot op die ouderdom van vyf jaar gehuisves en me. Mari van der Merwe, bestuurder, het gesê dat hulle dié kinders tydelik huisves en hoop om hul spoedig met hul families te herenig.
• In die tweede eenheid word kinders tydelik versorg.
• Die derde eenheid huisves kinders permanent.

Me. Van der Merwe het ’n beroep gedoen op inwoners en sakelui om met die uitbreiding van die babaeenheid te help.

Dit is die eerste fase van die sentrum se uitbreiding.

“Die bouplanne is reeds opgetrek, maar ons benodig geld om die projek af te skop.” Ander material wat benodig word sluit in onder andere: vensterrame, bakstene en verf.

Donasies vir die projek kan inbetaal word by:
CYCC Ermelo,
Standard Bank,
Spaarrekening,
Rekeningnommer: 08 646 3128,
Verwysing: Bouprojek

“Met die winter wat op ons voorstoep is, het die huise ook ’n groot behoefte aan wintersklere vir al die kinders.”

Lees die volledige berig in die Hoëvelder.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button