Ermelo NG Kerk Moedergemeente versprei hoop met bottel-projek
Dié projek het reeds in 2020 ontstaan waar hulle saam met die Christelike Maatskaplike Raad (CMR) vir 120 gesinne in die informele nedersetting, Sun City, bottels uitgedeel het.
Ermelo NG Kerk Moedergemeente bied weer hul Bottel van Hoop-projek, waar leë glasbottels met droë bestanddele gevul word, aan.
Dié projek het reeds in 2020 ontstaan waar hulle saam met die Christelike Maatskaplike Raad (CMR) vir 120 gesinne in die informele nedersetting, Sun City, bottels uitgedeel het.
Saam met die bottels het die groep weldoeners ook bietjie met die inwoners gesels en daar was geleentheid vir die CMR om groter behoeftes in die gesinne te identifiseer.

Ds. Luné Pauley van die NG Kerk Moedergemeente, het gesê: “Ons sal graag nou meer bottels wil uitgee aan gesinne in nood.”
Elke bottel bevat ‘n ½ koppie rys, ‘n ½ koppie sopmengsel, ‘n ½ koppie lensies, ‘n hoender- of beesaftrekselblokkie en ‘n pakkie soppoeier.
Die bestanddele word dan saam met sowat 2,5l-kookwater vir 40min gekook en kan ‘n gesin van vier voed.

Op elke bottel word die bestanddele en instruksies in Engels en in Zoeloe aangebring.
Donasies wat benodig word, sluit in leë glasbottels, rys, soppoeier, aftrekselblokkies, sopmengsels en lensies.
Dit kan by die kerkkantoor van Maandae tot Vrydae tussen 8vm en 12.30nm afgelewer word, of een van die leraars kan geskakel word om reëlings te tref.
Hul besonderhede is: ds. Pauley by 079 963 2391 of ds. Jaco van Niekerk by 082 804 1810.



