Local newsNews

Bekende motorfietsrenjaer se ma vertel oor haar avontuurlustige seun na hy verongeluk

“Georgie was avontuurlustig, maar het absoluut gelewe vir sy dogtertjie, Kaytlin wat ook saam met haar pa aan motorfietswedrenne deelgeneem het.”

Mnr. George de la Rosa (31) is op Saterdag, 8 Mei, in ’n motorfietsongeluk in Heidelberg oorlede.

Hy was ’n bekende gesig in Ermelo en die nuus van sy skielike afsterwe het skolgolwe deur die gemeenskap gestuur.

Sy ma, me Priscilla. de la Rosa, het vertel dat hy in 2007 by Ligbron Akademie vir Tegnologie matrikuleer het en het ná skool na Secunda verhuis waar hy begin werk het.

Hy het reeds van ’n jong ouderdom ’n groot liefde vir motorfietse gehad en het aan verskeie wedrenne deelgeneem.

Ná elke gebreekte arm en selfs baie ernstige beserings, het hy sy ouers keer op keer aan hom laat belowe dat hul nie sy motorfiets sal verkoop nie.

Me. De la Rosa het vertel dat hy selfs terwyl hy nog in die hospitaal was – kort nadat hy sy rug tydens ’n vorige voorval gebreek het, vir hulle ’n wolhaarstorie vertel het dat sy dokter kwansuis gesê het hy mag weer ry.

“Georgie was avontuurlustig, maar het absoluut gelewe vir sy dogtertjie, Kaytlin wat ook saam met haar pa aan motorfietswedrenne deelgeneem het.”

Hy het altyd seker gemaak dat sy goed voorbereid was en het nie een van haar wedrenne gemis nie.

Oor sy ongeluk het me. De la Rosa vertel, dat dit ’n hoë-risiko sport is en dat hulle maar altyd bekommerd was as hy deelgeneem het.

Sy ma het vertel dat hy tydens een van sy vorige wedrenne, lelike brandwonde aan sy arm – met die water van sy fiets se verkoeler, opgedoen het, maar steeds aan die wedren deelgeneem het.

Sy arm is met verbande toegedraai, en teen alle verwagtinge, het hy dié wedren gewen!

Lees die volledige berig in die volgende Hoëvelder.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button