Pastoor bemoedig VLU-vroue op Bethal
Belangstellendes kan volgende vergadering in Mei bywoon.
BETHAL – Lede van die Bethal VLU-tak het tydens hul vergadering op Dinsdag, 20 April, past. Nico Volschenk van die Pinkster Protestante Kerk (PPK), se getuienis gehoor.
Past. Volschenk het dié VLU-tak besoek en vertel hoe goed die Here vir hom is.
Hy het sy nek beseer en dokters kon glo nie agterkom wat was fout met hom nie.
“Ek het op ‘n stadium in my lewe 22 pynpille daagliks gedrink,” het past. Volschenk gesê.
“Dokters het uiteindelik agtergekom ek het my nek gebreek, maar dit het wonderbaarlik aangegroei.”
Past. Volschenk glo dat die Here soms toelaat dat ‘n mens nie weet wat met jou liggaam aangaan nie, omdat dit ongeloof sal veroorsaak.
“Gelowiges moet die oorwinning van Jesus vat en onwrikbaar bly glo.”
Bethal VLU-tak vergader weer op Dinsdag, 18 Mei om 1.30nm by die N.G. Kerk Oos-gemeente.
Vir meer inligting, skakel me. Annette Greyvenstein by 082 828 6459.



