Local newsNews

Secunda VLU-vroue maak wolblomme

Die Secunda VLU-tak vergader weer op Woensdag, 2 Junie.

SECUNDA – Lede van die Secunda VLU-tak het op Woensdag, 12 Mei byeengekom.

Tydens die geleentheid het me. Magda Schwab vroue gewys hoe om wolblomme te maak. Me. Launa Jansen van Vuuren het die vroue wat plekke behaal het by die onlangse konferensie, gelukgewens.

Hulle is me. Teresa de Wet wat ‘n tweede plek behaal het vir ‘n sak wat sy gemaak het, me. Liezel Myburgh wat ‘n tweede plek vir haar blomme behaal het en me. Magda Schwab wat ‘n derde plek vir haar blomme behaal het.

Die Secunda VLU-tak vergader weer op Woensdag, 2 Junie en die lede gaan dan ‘n plaas besoek.

Vir meer inligting, of om by die Secunda VLU-tak betrokke te raak, skakel me. Jansen van Vuuren by 061 065 7417.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button