Local newsNews

Ermelo Fotoklub plaas hul fokus op landskappe

Al die fotograwe het soos oudergewoonte treffende foto’s ingeskryf vir vandeesmaand se kompetisie.

Ermelo se fotograwe word maandeliks in die Hoëvelder vereer vir hul pragtige foto’s.

Die Ermelo Fotoklub het weer in Junie hul maandelikse vergadering, as gevolg van Covid-19 regulasies, virtueel aangebied.

Foto’s is aanlyn in gestuur en deur mnr. Danie Smit van Secunda beoordeel.

SIEN OOK: GALLERY – Ermelo fotograwe sit beste foto’s voor

Al die fotograwe het soos oudergewoonte treffende foto’s ingeskryf vir vandeesmaand se kompetisie.

Die vasgestelde onderwerp vir vandeesmaand was landskappe.

Mnr. Dirkie van Staden het die junior-afdeling met sy foto, Seascape at Sunset, gewen en mnr. Leon Drotsky se foto, Anchored gondolas, het die senior-afdeling gewen.

Wil jy ook by die klub aansluit en jou foto-kennis verbreed? Stuur dan ’n epos na ermelofotoklub18@gmail vir meer inligting.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button