Local newsNews

Megan Herbst veg verbete voort – Ermelo-gemeenskap samel geld in

Megan (10) is op 11 Junie met sistemiese jeug-idiopatiese artritis en makrofage-aktiveringsindroom gediagnoseer.

ERMELO – Die Ermelo Marathon-klub wil in samewerking met die gemeenskap geld insamel vir Megan Herbst, wat onlangs met twee seldsame outo-imuunsiektes gediagnoseer is.

Megan (10) is op 11 Junie met sistemiese jeug-idiopatiese artritis en makrofage-aktiveringsindroom gediagnoseer.

Haar ma, me. Jolene Herbst, het vertel dat die selle wat haar liggaam moet beskerm, haar liggaam aanval.

“Die siektes is geneties oordraagbaar en veroorsaak gevaarlike toestande.”

Dié klub bied op 10 Julie ’n pretdraf by Makou Restuarant in Fouriestraat aan.

Inskrywings vir die wedloop is enige skenkings tot Megan se mediese uitgawes.

Dit kan vooraf by die klub se rekening inbetaal word, of die oggend voor die wedloop in kontant.

Die 4,9 km-wedloop sal om 08:00 begin en die 8 km-wedloop om 09:30.

Weens die Covid-19-regulasies, moet alle inskrywings voor die wedloop by 066 205 3685 bevestig word.

Skenkings kan betaal word by: Ermelo Marathon Club, Capitec Bank, spaarrekkening, 1561820766, met “Megan” as verwysing.

Megan is steeds in die Netcare Unitas-hospitaal in Pretoria se pediatriese intensiewesorgeenheid.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button