Local newsNews

Pretdraf vir Megan (10) van Ermelo uitgestel weens Covid-regulasies

Sy is op 11 Junie met sistemiese jeug-idiopatiese artritis en makrofage-aktiveringsindroom gediagnoseer.

Megan Herbst (10) is weer tuis in Ermelo nadat sy op 9 Junie weer in die Netcare Unitas-hospitaal, Pretoria, se pediatriese intensiewesorgeenheid opgeneem is.

Sy is op 11 Junie met sistemiese jeug-idiopatiese artritis en makrofage-aktiveringsindroom gediagnoseer.

Haar ma, me. Jolene Herbst, het vertel dat die selle wat haar liggaam moet beskerm dit eerder aanval en inflammasie in haar organe veroorsaak.

“Die siektes is geneties oordraagbaar en veroorsaak gevaarlike toestande.”

Megan is op 26 Junie ontslaan nadat sy goed op die behandeling reageer het, en is saam met haar ouers in isolasie by die huis.

LEES OOK: Megan Herbst (10) is met ’n auto-imuunsiekte gediagnoseer

Me. Herbst het vertel dat die spesiale biologiese medikasie, wat ingevoer moet word, dalk nie meer nodig sal wees nie.

“Megan het nie meer daardie spesifieke medikasie nodig nie; haar lyfie reageer ongelooflik goed op die gewone medikasie.”

Sy moet wel nog steeds ’n ander tipe biologiese medikasie ontvang, wat tweemaal per week ingespuit moet word.

Die Ermelo Marathon-klub het in samewerking met die gemeenskap beoog om ’n pretdraf aan te bied om geld vir Megan in te samel.

Dié pretdraf, wat op 10 Julie sou plaasvind, is weens die vlak 4-inperkingsregulasies uitgestel.

Enige persoon wat ’n bydrae wil maak kan Megan se GoGetFunding-bladsy by htts://gogetfunding.com/megan-herbst gaan besoek.

Me. Herbst het afgesluit: “Dankie aan die Ermelo-gemeenskap vir julle ongelooflike onbaatsugtigheid ten opsigte van Megan en ons as familie.

“Woorde sal nooit ons dankbaarheid regverdig nie.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button