Local newsNews

Klein ‘Superman’ van Ermelo vier vyfde verjaarsdag

Vriende en familie van die gesin was op 14 Augustus deel van die spesiale verjaardagpartytjie - wat weens die koue weer, binnenshuis plaasgevind het.

ERMELO – Ná ‘n lang gewag vir Teagan van Wyk se vyfde verjaardagvieringe, het dit uiteindelik op 14 Augustus aangebreek.

Dié opwinding het reeds op 10 Augustus afgeskop nadat Teagan se ma, me. Maggie van Wyk, ’n video gewys het waarop die wêreldbekende akteur, Dwayne “The Rock” Johnson, met hom gesels.

In dié video het Johnson gesê dat hy Teagan se grootste aanhanger is.

Teagan van Wyk (5) blaas borrels tydens sy verjaardagpartytjie. (Foto: Sheldon Demmer)

Me. Van Wyk het gesê: “Ek het nog nie sy gesiggie só sien ophelder en glimlag sedert ons in 2018 met die behandeling begin het nie.”

Sy het Johnson en sy span bedank toe hulle Teagan se grootste verjaardagwens bewaarheid het.

Vriende en familie van die gesin was op 14 Augustus deel van die spesiale verjaardagpartytjie – wat weens die koue weer, binnenshuis plaasgevind het.

Me. Van Wyk het vertel dat hoewel hulle nie die springkasteel kon opslaan nie, Teagan steeds ’n fees gehad het en saam met sy maatjies baljaar het.

Daar was heerlike lekkergoedpakkies, spookasem, ’n pragtige koek, kolwyntjies, worsbroodjies, koeldrank en springmielies.

Teagan het nie baie van die lekkernye geëet nie, en sy ma het vir hom sy gunsteling aartappelskyfies gebak.

“Die adrenalien het hom aan die gang gehou vir die dag, maar ongelukkig het die dag ook sy tol op sy kleine lyfie geëis,” het me. Van Wyk vertel.

Lees meer oor klein Teagan se vyfde verjaarsdag in die volgende uitgawe van die Hoëvelder. 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button