Local newsNews
Voertuig ploeg deur muur in Ermelo
Daar word beweer dat een van die bestuurders 'n stopteken verontagsaam het.
‘n Bestuurder van ‘n BWM het op 20 Augustus deur ‘n muur op die hoek van Jan van Riebeeck en McDonaldstraat gery, nadat dié voertuig met ‘n Polo gebots het.
Die ongeluk het omstreeks 20:00 plaasgevind.

Volgens inligting ontvang, is niemand tydens die ongeluk beseer nie.
Daar word beweer dat een van die bestuurders ‘n stopteken verontagsaam het.
Die Hoëvelder het navrae aan kapt. Carla Prinsloo, woordvoerder van Ermelo polisie gestuur, maar nog geen terugvoering ontvang nie.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



