Local newsNews

Koronavirus-afsterwe van Standerton-inwoner skaars drie dae na diagnose

Die familie beplan ’n roudiens, maar die finale reëlings kan nie getref word nie.

Mnr. Paul Stefanus Myburgh van Standerton is op Saterdag 21 Augustus oorlede aan Covid-verwante oorsake.

Volgens sy eggenoot, Amanda wat in isolasie by die huis was en ook met die koronavirus gediagnoseer is, is haar man op Vrydag 20 Augustus in Standerton Hospitaal opgeneem.

Dit was skaars drie dae nadat hy positief getoets het.

Die egpaar se name was op ’n waglys om by ’n plaaslike kettinggroep se apteek vir inenting te gaan.

Wyle mnr. Myburgh was altesaam 30 jaar as tegnikus verbonde aan Telkom.

Die familie beplan ’n roudiens, maar die finale reëlings kan nie getref word nie.

“Paul sal altyd onthou word as die groot man met die kleinste hart,” het Amanda onthou.

“Hy het vir mense omgegee, was altyd vriendelik en het gehelp met ’n glimlag op sy gesig.”

Amanda het die vier jaar van getroude lewe as die wonderlikste jare beskryf.

Hy word nagelaat deur sy vrou, sy kinders Anneke Watkins, Naas Vermaak, Jeandri Myburgh, Megan Myburgh en Witez Myburgh, sowel as die kleinkinders, CJ Walker, Elizmé Walker, Misha Vermaak, Micha Vermaak en albei sy ouers, Paul en Louis Myburgh en broer, Louis.

Die Standerton Advertiser was in verbinding met Amanda op Woensdag 25 Augustus waar die nuus verneem is dat ’n ambulans haar by die huis kom haal het.

Sy is tans in die hospitaal en het op 26 Augustus gesê dat sy moontlik teen Maandag ontslaan kan word.

“Dit is ironies hoe die lewe werk,” het sy ook gesê.

Haar skoonseun, Craig, het in ’n motorfietsongeluk op 31 Julie gesterf.

“Craig het klaarblyklik beheer oor die motorfiets verloor en ‘n paal getref,” het sy skoonpa, mnr. Johan Watkins, destyds gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button