Danie Smit neem beste foto vir Augustus by die Hoëveld Fotografieklub
Belangstellendes is welkom om volgende byeenkoms by te woon.
Lede van die Hoëveld Fotografieklub het hul beste foto’s ingeskryf vir beoordeling op Vrydag, 13 Augustus en die beste fotograaf in die voorgeskrewe onderwerp afdeling is mnr. Danie Smit met sy foto, Fontein Ys.
Hy het ook ’n sertifikaat van meriete vir dié foto en twee van sy ander foto’s, Tucking en Arniston, ontvang.
Mnr. Pierre Jordaan is die beste fotograaf onder die senior fotograwe met sy foto, Bruinslangarend in Vlug.
Hy het ’n sertifikaat van meriete vir dié foto, asook drie van sy ander foto’s, Tracks to the Aurora Borealis, Rob in Goukourivier en Loodglasvensters in Felsenkirche, ontvang.
Me. Lorraine Botha is die beste fotograaf onder die juniors met haar foto, Sight Seeing in Hoi An.
Die ander fotograwe wat sertifikate van meriete vir hul foto’s ontvang het, is mnr. Hanno de Beer vir Oppad na Seweweekspoort, mnr. Louis van der Walt vir Little Simba, Saarkie Gaze en Saarkie Sing, me. Asha Kokosialee vir Afternoon Sunset, dr. Leon Pelser vir sy foto’s, Viper in Water, Inside en Winterstroop, me. Sussa Pelser vir Succulent, mnr. James Harris vir sy foto’s Hardworking Hands en Yellow Rose, mnr. Piet Potgieter vir sy foto’s Four in One en Ou Lap se Rooi, en mnr. Johan Viljoen vir sy foto, Thirsty.
Die Hoëveld Fotografieklub se volgende byeenkoms is op Vrydag, 10 September, maar die bestuur van die klub weet nog nie of hulle in persoon bymekaar gaan kom of deur middel van ’n virtuele vergadering nie.
Vir meer inligting, skakel mnr. De Beer by 071 365 6440.




