Krisissentrum op Standerton hou gesellige Lentefees
Die inwoners van die sentrum het ook op Saterdag 21 Augustus moue opgerol om aan ’n skoonmaakprojek deel te neem.
’n Lentefees is op Donderdag 26 Augustus by die krisissentrum van die SAVF in Schwickardstraat gehou.
Met die finansiële bydraes kon me. Dina Höhls ’n prys oorhandig aan die inwoner wat die beste kruis te voorskyn gebring het.
Hulle kon ’n kruis teken, inkleur, brei, hekel of prakseer wat aangesluit het by die Bybelse tema van Jesus wat die brood van die lewe is.
Benewens die samesang, is ’n teddiebeer ook oorhandig aan iemand wat die beste rede kon verskaf waarom die teddiebeer in sy of haar besit moes wees.
Lekkernye was volop om ’n genotvolle samekoms te verseker.
Die inwoners van die sentrum het ook op Saterdag 21 Augustus moue opgerol om aan ’n skoonmaakprojek deel te neem.
’n Gedeelte van Scwickardstraat is behoorlik opgeruim.
Dié projek word deur die voorsitter van die sentrum, mnr. Danie Roberts, bestuur.




