Local newsNews

“Ek het groot geskrik en was bang ek sou doodgaan”

Sy vrou, me. Elna de Beer, het vertel dat terwyl haar man in die hospitaal was, sy nie die heeltyd in Pretoria kon bly nie en het die dag wat past. Anet Meintjies haar gevra het sy wil vir hom bid, na Pretoria gereis.

ERMELO – Sedert mnr. Hendrik de Beer op 16 Augustus uit die hospitaal ontslaan is, is sy familie in bewondering oor die wonderwerk wat in sy lewe afgespeel het.

Mnr. De Beer en sy vrou het albei op 26 Julie positief vir Covid-19 getoets het.

Aanvanklik het hy net ligte simptome ondervind, maar na ’n skielike terugslag, is hy eers in Ermelo in die hospitaal opgeneem waarna hy na Mediclinic Medforum in Pretoria oorgeplaas is.

Hy is in die intensiewesorgeenheid opgeneem, op ’n ventilator en onder verdowing geplaas.

Sy vrou, me. Elna de Beer, het vertel dat terwyl haar man in die hospitaal was, sy nie die heeltyd in Pretoria kon bly nie en het die dag wat past. Anet Meintjies haar gevra het sy wil vir hom bid, na Pretoria gereis.

By die hospitaal was sy nie toegelaat om haar man te besoek nie, en het een van die susters gevra om haar foon langs haar man se oor te hou, terwyl daar vir hom gebid is.

“Dit was verskriklik om net daar by die venster te staan, ek kon nie eers aan my man se hand gevat het nie,” het me. De Beer vertel.

Op pad terug Ermelo toe, het sy ’n oproep van past. Meintjies ontvang wat haar vertel het dat die Here reeds besig was om Hendrik te genees.

Slegs ’n dag na die besoek het mnr. De Beer se infeksietelling drasties afgeneem en die hospitaal het haar kort daarna met die nuus dat haar man uit die koma ontwaak het, gebel.

Die nuus dat hy reeds vir sowat twee weke in Pretoria in die intensiewesorgeenheid is, was vir hom baie oorweldigend.

“Nadat ek die nuus ontvang het, het ek groot geskrik en was ek bang ek sou doodgaan.”

Lees hoe dit nou met mnr. De Beer gaan in die volgende uitgawe van die Hoëvelder

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button