Local newsNews

Susan Jonker sterf in hospitaal in Johannesburg na kankerstryd

Fase 4-borskanker is twee jaar gelede by Susan gediagnoseer en sy het vier sessies chemobehandeling ondergaan.

’n Voorslagspysenier en kankerlyer, me. Susan Jonker, is op 7 September omstreeks 22:00 oorlede.

Me. Jonker is in die Charlotte Maxeke Akademiese Hospitaal in Johannesburg op Donderdag 2 September opgeneem.

Volgens haar jongste dogter, Suné, het die borskanker versprei en orgaanversaking het ingetree.

Suné het haar ma die laaste keer op Saterdag 4 September van ’n afstand, in die hospitaalgang kon sien, toe sy klere deurgevat het.

Fase 4-borskanker is twee jaar gelede by Susan gediagnoseer en sy het vier sessies chemobehandeling ondergaan.

’n Groep inwoners het omstreeks 19:00 die aand van haar sterfdatum vir genesing gebid.

Suné se herinnering aan Susan se voorliefde vir pêrels, groot juwele, serpe en ’n helder lipstiffie, is slegs ’n druppel in die emmer van ’n vrou wat in die gemeenskap haar deel gedoen het.

As restaurateur by die Standerton Skouterrein het menige funksie glad verloop.

Die een muur is swart geverf om die vroegoggend gluur na ’n bedrywige sessie in die restaurant die hoof te bied.

“Ons het meer as een keer uit die restaurant gestap as die son opkom,” het Suné vertel.

Susan Jonker het ook insette by die skoukomitee gelewer.

Haar begrafnis het by Hoërskool Standerton se pawiljoen op Dinsdag 14 September omstreeks 11:00 plaasgevind en sy is te ruste gelê in die begraafplaas agter die skouterrein.

Ds. Ricus van der Hoven van die Replika Kerk het die verrigtinge gelei, wat ook op ’n radiofrekwensie gehoor kon word.

Susan Jonker word deur haar eggenoot Chris, ses kinders en ses kleinkinders oorleef. Hulle is die laatlammetjie Suné, dogters Trudie en Helene, en hul mans Raymond en Thian, seuns Nicolaas en sy vrou Jeannie, en Christo en Nadia, sowel as pa se naamgenoot Chris.

Susan Jonker het gesterf voordat sy haar sewende kleinkind wat op pad is, in haar arms kon vashou.

Me. Susan Jonker (regs agter) saam met die 2019-skoukomutee.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button