Local newsNews

Shanel Nunes van Bethal benodig dringend hulp

Gestremde dogter breek voet toe betonmuur op haar val.

Shanel Nunes (19) van Bethal wat al vir agt jaar aan ’n rolstoel gekluister is, het dringend mediese hulp nodig.

’n Betonmuur het verlede week op Shanel se voet en kop geval en haar voet is nou gebreek.

Haar ma, me. Madeleine van Staden, sukkel om hulp vir haar dogter, wat fisies en verstandelik gestrem is, by Bethal Hospitaal te kry.

Shanel Nunes se gesig is ook beseer nadat ‘n betonmuur bo-op haar geval het.

Sy is kwaad omdat sy al sowat drie jaar gelede vir die bure gesê het hulle moet iets aan die bome wat die betonmuur laat breek het, doen.

“Hulle kon vir drie jaar niks doen aan die boom wat die muur laat omval het nie, maar nadat dit op my kind geval het, toe kon hulle skielik binne ’n dag die boom laat afkap,” het me. Van Staden gesê.

Die ma en dogter het ’n mediese fonds, maar dit is reeds uitgeput vir die jaar weens Shanel se gestremdheid.

Me. Van Staden het Shanel verlede week na Bethal Hospitaal geneem, maar die personeel het, nadat hulle Shanel se been behandel het en gips op haar been gesit het, gesê die ortopeut is eers vandag (Maandag, 20 September) by die hospitaal.

Shanel Nunes was getraumatiseerd nadat ‘n betonmuur op haar geval het. (Foto: Verskaf)

Me. Van Staden het nie ’n voertuig nie en moet elke keer ’n saamrygeleentheid reël om haar dogter hospitaal toe te neem.

Hulle was vandag by die hospitaal, maar Shanel benodig steeds medikasie vir die pyn.

“Hulle het nie eers vir haar pynmedikasie gegee nie en ons mediese fonds is uitgeput, so ek kan nie vir haar medikasie kry nie,” het me. Van Staden gesê.

Shanel Nunes sit in haar rolstoel naby aan die plek waar ‘n betonmuur verlede week bo-op haar geval het.

Sy benodig ook dringend ’n “moon boot” vir Shanel omdat die staatshospitaal dit glo nie kan voorsien nie.

Die “moon boot” wat Shanel huidiglik gebruik, het me. Van Staden by ’n vriendin gekry en dit pas nie eers behoorlik op Shanel se voet en enkels nie.

As enige iemand me. Van Staden kan help met ’n “moon boot” of pynmedikasie, skakel haar op 072 259 9780.

Die betonmuur wat bo-op Shanel Nunes geval het. (Foto: Verskaf)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button