NewsSchool sportSchoolsSportStreeknuus

Dupie se Blou Bul-man word vir 7’s-span gekies

”Toe ek nog doeke gedra het, was balskop en -vang my gunsteling. Dit is net in jou bloed”

Laerskool Du Preez van Wyk se rugby-uitblinker, Meyer Pretorius (13), het onlangs vir die Blou Bulle se 0/13-span teen die Leeus uitgedraf.

Meyer draf ook binnekort vir die Blou Bul 7-span uit.

“Ek is vreeslik opgewonde dat ek die span gehaal het. Dit is nogal uitdagend as mens in ’n klein skool is.”

Oor die algemeen is Meyer die losskakel, maar met die Blou Bul 15-tal het hy as senter die nommer 13-trui oor sy kop getrek.

Meyer Pretorius glimlag trots in sy Blou Bul-trui. (Foto: Verskaf)

Hy het al op drie-jarige ouderdom begin rugby speel.

“Ek het vandat ek op sewe maande begin loop het, net belang gestel in rugbyballe. My pa het afgerig. Ek het nie ’n oefening gemis nie en het selfs toe ek sewe jaar oud was vir die 0/9’s gespeel.”

Meyer beskryf die sportsoort as iets wat deel is van hom. Dit bring vir hom genot om saam sy spanlede te skram of te mik vir die pale. “Rugby maak my opgewonde.”

Sy langtermyn doelwit is om eendag die groen- en goud-trui trots te kan verteenwoordig en die een Springbok-speler waarna hy op kyk is Handré Pollard.

Hoewel Meyer nog altyd vir die A-span speel en selfs al vir Tukkies kon speel, is hierdie die eerste groot kans om provinsiaal te speel.

Related Articles

 
Back to top button