Omgewingsbewaring kry hupstoot op Standerton
Volgens me. Helen Ellis, Edelvalk-tak se bewaringsoffisier, is ’n maatskappy reeds genader wat in ekovriendelike oplossings spesialiseer.
Die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging (SAJWV) se Edelvalk-tak het ’n bewaringsprojek van stapel gestuur.
Die eerste vlermuiskas sal by Höningvallei opgerig word.
Volgens me. Helen Ellis, Edelvalk-tak se bewaringsoffisier, is ’n maatskappy reeds genader wat in ekovriendelike oplossings spesialiseer.
Dié maatskappy kan bepaal hoeveel kaste op ’n stuk grond opgesit moet word.
Vlermuise word deur wetgewing in Suid-Afrika beskerm.
Me. Ellis het die algemene geloof, dat hulle in jou hare invlieg, sterk betwyfel.
“Ek het dit bloot onwaar gevind.
“Vlermuise hiberneer in die wintermaande en die Kaapse dakvlermuis kom meestal in Afrika, suid van die Sahara, voor.”
Sy het ook gesê dat hulle komplekse sosiale strukture het.
Belangstellendes kan me. Ellis by 083 406 0589 skakel.




