Local newsNews

Thea-Rita se niere verwyder, benodig nou dringend nieroorplanting

Sodra sy van die operasie hestel het en die dokters tevrede is met haar vordering, sal die nieroorplanting plaasvind.

ERMELO – Me. Thea-Rita Botha (21) is op 13 September in die Kalafong-hospitaal in Pretoria opgeneem.

Volgens haar ma, me. Elmarie Nel, was daar komplikasies met haar bloeddruk wat te hoog was, en haar niere het vermoedelik haar hart aangetas.

Omdat haar niere nie reg gewerk het nie, het haar liggaam gifstowwe begin opbou, haar bloeddruk het gestyg en haar ledemate het weens oortollige vloeistof begin swel.

Dié twee organe wat verantwoordelik is vir die verwydering van afvalstowwe in die liggaam, het eintlik haar liggaam vergiftig.

Sy is vir verdere toetse verwys, waarna die dokters besluit het om haar te opereer.

Hulle het haar na die Steve Biko-hospitaal in Pretoria oorgeplaas, waar sy geopereer is.

Tydens die nege uur lange operasie is beide haar niere verwyder en ‘n blaasrekonstruksie is gedoen.

LEES OOK: Thea-Rita van Ermelo benodig dringend hulp om nieroorplanting te ondergaan om haar lewe te red 

Ná die operasie het me. Botha ‘n dreineringspyp ontvang wat die funksie van haar niere oorgeneem het.

Sy word tans onder verdowing gehou om haar liggaam kans te gee om te herstel.

Me. Botha ontvang ook daagliks dialise en is in die intensiewesorgeenheid.

Sodra sy van die operasie hestel het en die dokters tevrede is met haar vordering, sal die nieroorplanting plaasvind.

Haar ma het vertel dat hulle reeds ‘n geskikte skenker het, maar dat hulle nog geld benodig vir die operasie.

Die gesin behoort nie aan ‘n mediese fonds nie en benodig hulp met die kostes vir die nieroorplanting wat me. Botha moet kry.

‘n Trustrekening wat deur Pas Prokereurs in Ermelo behartig word, is geopen om gelde in te samel vir die operasies.

Indien enigiemand ‘n bydrae wil maak, kan gelde inbetaal word by Pieter Stofberg Ingelyf, trustrekening, FNB takkode: 270344, rekeningnommer: 62092150326, verwysing: BOT235/1.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button