Kaalspruit VLU-vroue werk fluks aan artikels vir kongres
Me. Marinda Visser het die onderskeiding behaal dat ’n hoed, wat sy ontwerp het vir die SAVF se virtuele kompetisie, by ’n spoggeleentheid in Pretoria, op ’n kongres gedra sal word.
Die VLU se Kaalspruit-tak het op Dinsdag 14 September hul maandelikse vergadering by die saal van die Hervormde Kerk op Standerton gehou.
Onder voorsitterskap van me. Marietjie Swart, is die sake op die agenda noukeurig afgehandel.
Me. Joan Blignaut, ’n gas, is verwelkom.
Me. Marinda Visser het die onderskeiding behaal dat ’n hoed wat sy ontwerp het vir die SAVF se virtuele kompetisie, by ’n spoggeleentheid in Pretoria, op ’n kongres gedra sal word.
Taklede se kompetisie-artikels vir die VLU se kongres is saamgebring, sowel as ’n tuisgemaakte yskasmagneet.
Die Hoëveldstreek se kongres vind op 21 en 22 Oktober by ’n gastehuis plaas.
Voorts is melding gemaak dat die SAVLU in Oktober 90 jaar oud sal wees.
Artikels wat die VLU-vroue sal inskryf by die Mpumalanga-kongres, word volgens VLU-riglyne beoordeel.
Me. Roz du Preez het ook blommerangskikkings van vetplane in ’n pampoen beoordeel.
Me. Visser het daarna ’n demonstrasie van stensilwerk behartig.
Die volgende takvergadering word vir 19 Oktober beplan.




