Local newsNews

Helpende Hand op Secunda skenk komberse aan SAVF

Raak betrokke en ondersteun organisasie.

Helpende Hand het op Woensdag, 15 September, komberse aan die nuwe SAVF-pleeghuis vir kinders, wat binnekort sy deure gaan oopmaak, geskenk.

Die bestuur van Secunda se Helpende Hand-tak het die komberse oorhandig en gekyk hoe lyk die huis binne nadat dit onlangs deur vrywilligers van die gemeenskap versier is.

Die voorsitter, me. Liza de Coning, en ondervoorsitter me. Izanne April, het Laerskool Goedehoop, Erasmus Konstruksie, C & C Staal en Dickenson Konstruksie vir hul bydrae bedank.

Helpende Hand het onlangs ook met ’n projek begin om skryfbehoeftes vir behoeftiges vir volgende jaar bymekaar te maak.

As jy by Helpende Hand betrokke wil raak, of hulle wil ondersteun, skakel me. De Coning by 082 567 2257.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button