Danie neem Hoëveld Fotografieklub se beste foto vin die maand
Woon volgende byeenkoms in Oktober by.
Lede van die Hoëveld Fotografieklub het op Vrydag, 10 September byeengekom en mnr. Danie Smit is aangewys as die beste fotograaf in die voorgeskrewe onderwerpafdeling met sy foto, Sister in Law.
Die voorgeskrewe onderwerp vir September was, Emosie, en die beoordelaar was me. Jenny Stilwell.
Mnr. James Harris was die beste fotograaf onder die senior fotograwe met sy foto, Praying.
Hy het ook ’n sertifikaat van meriete vir die foto ontvang.
Mnr. Louis van der Walt was die beste fotograaf onder die junior fotograwe met sy foto, Cloudy Intimate Jetty.
Hy het ook ’n sertifikaat van meriete vir die foto ontvang asook vir sy foto’s, Take my Hand en Champagne Happiness.
Die ander fotograwe wat presteer het en sertifikate van meriete vir hul foto’s ontvang het, is mnr. Johan Viljoen met vier van sy foto’s, Happie, Hoe Gril ek, Missed Lunch, en Skukusa Train, me. Lorraine Botha met haar foto One Tusk en mnr. Piet Potgieter met sy foto’s, Chase the Ball en Michael Row the Boat.
Die Hoëveld Fotografieklub se volgende byeenkoms is op Vrydag, 8 Oktober om 18:30 by die Scrum Inn by die Sasol Ontspanningsklub.
Vir meer inligting, skakel mnr. Hanno de Beer by 071 365 6440.













