Local newsNews

Megan is een van Wildman se top verkoopspersone

Sy geniet dit om verskeie mense te ontmoet en knoop graag 'n geselsie met haar kliënte aan.

ERMELO – Me. Megan Jantjies van Wildman Ermelo is onlangs as een van die top verkoopspersone van Wildman in Suid-Afrika aangewys.

Sy het van die 14 takke landswyd, die tweede plek ontvang, en was uit die veld geslaan.

Dié bekende gesig het reeds op 1 Oktober 2010 by die onderneming aangesluit.

Sy het die eienaar van Wildman toevallig ontmoet, en hy het haar vir ‘n onderhoud genooi.

Sonder huiwering het sy ingestem, en vertel dat sy elke dag as deel van die Wildman-span nog net geniet het.

Vyf jaar later is sy verplaas na die Kaapstad-tak, maar volgens me. Me. Jantjies was sy nie uitgeknip vir die besige lewe in die stad nie.

Met haar terugkoms in Ermelo in 2016 het sy dadelik weer tuis gevoel.

“By Wildman Ermelo is ons regtig soos ‘n familie; ons ondersteun mekaar in slegte tye en deel in mekaar se vreugde,” het sy vertel.

Sy is van mening dat Wildman Ermelo enig in sy soort is met ‘n span waarvan jy altyd deel voel, en dat jou opinie saakmaak.

Me. Jantjies het vertel dat sy nog altyd in die verkoopsbedryf wou werk, en dat dit haar passie is om daagliks met mense te werk.

Sy geniet dit om verskeie mense te ontmoet en knoop graag ‘n geselsie met haar kliënte aan.

Lees die volledige berig wat binnekort in die Hoëvelder sal verskyn.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button