Local newsNews

Gizelle Uys van Standerton bly op die skoonheidskonigingradar

Op die vraag na watter spesifieke eienskappe, benewens skoonheid, sy gekyk het, het Gizelle kommuikasievaardighede uitgesonder.

Om by te hou met Gizelle Uys van Standerton, vat fyn voetwerk.

Was dit nie vir ’n terloopse opmerking dat sy onlangs ’n beoordelaar by ’n skoonheidskompetisie in Egipte was nie, het ’n onderhoud met haar weer eens skipbreuk gely.

Haar vlug van Egipte het op Oliver Tambo-lughawe op Dinsdag 21 September geland en sy was op pad, via Pretoria, huis toe.

Sy het op 4 April verlede jaar die Miss Eco-skoonheidstitel ingepalm en is in haar skooljare as Mej. SHS aangewys.

Gizelle se broer, Donovan, het haar oudergewoonte na die Miss Egypt-kroning vergesel waar Nadine ElGayar die titel in ontvangs geneem het.

’n Groep van nege beoordelaars het op Maandag 20 September die wenner aangewys.

Op die vraag na watter spesifieke eienskappe, benewens skoonheid, sy gekyk het, het Gizelle kommuikasievaardighede uitgesonder.

“Dit is belangrik om te bepaal in watter mate hulle gemaklik oorkom,” het sy gesê.

Vir eers bestee Standerton se uitvoerproduk nie onnodige tyd aan daardie grote, Mej. Suid-Afrika nie.

“Ons sal nog sien,” het sy mee afgesluit.

Gizelle Uys nadat sy die Miss Eco-titel verlde jaar hare gemaak het. (Foto: Verskaf)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button