Local newsNews

SAVF Pleeghuis is gereed om deure te open

Nuwe huis kan uiteindelik kinders in nood huisves.

Die Suid-Afrikaanse Vrouefederasie (SAVF) se pleeghuis vir kinders, is uiteindelik gereed om sy deure oop te maak.

Die inisiatief is al lankal ’n droom van die SAVF-bestuurspan en hulle het al sedert verlede jaar begin geld insamel om die droom ’n werklikheid te laat word.

Vrywilligers vanuit die gemeenskap het die kamers waarin die seuns, dogters, twee oppassers en baba’s gaan slaap, versier en meubels is ook meestal deur die gemeenskap geskenk.

Ondernemings het kaste ingebou, die badkamers uitgeteel en gehelp om alles gereed te kry.

Die pleeghuis sal as ’n plek van veiligheid dien vir kinders en die SAVF moet voltydse oppassers aanstel, asook verantwoordelikheid neem vir al die maandelikse uitgawes wat onder andere kos, skoonmaakmiddels en toiletware insluit.

As jy betrokke wil raak of die SAVF wil ondersteun, skakel hulle by 017 634 7719.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button