Groot pryse te wen by hengelkompetisie
Die meer as R10 000 se pryse op die spel sluit ook drie skape en drie blesbokke in.

ERMELO – Die Hervormde Kerk Ermelo-Suid nooi alle hengelaars uit na hul hengelkompetisie by Douglasdam op 9 Oktober.
Die kompetisie begin om 06:00 en sluit om 16:00, waarna die inweeg sal plaasvind.
Die meer as R10 000 se pryse op die spel sluit ook drie skape en drie blesbokke in.
Inskrywingsgelde beloop R100 per hengelaar met twee visstokke.
Hengellisensies is verpligtend.
Volgens mnr. Charles Wahlstrand, die organiseerder van die kompetisie, het PC Sand aangebied om die dam skoon te maak en te verseker dat die terrein se gras gesny is.
Daar sal ook badkamergeriewe, voorsien deur Coastal Hire, by die dam wees.
Vir meer inligting, kontak mnr. Wahlstrand by 082 824 8342.



