Local newsNews

Eddie Piater van ENB-faam sterf

Dié afgetrede bankbestuurder het vir 40 jaar by ENB gewerk.

Mnr. Eddie Piater van Standerton is op 17 September oorlede.

Volgens een van sy seuns, Corné, het ’n aneurisme in die mantelvlies die dood veroorsaak.

Hoewel hy aan prostaatkanker gely het, is dit onder beheer gehou met ’n viermaandelikse inspuiting.

Dié afgetrede bankbestuurder het vir 40 jaar by FNB gewerk en dorpe op die platteland soos Morgenzon, Ermelo, Amersfoort, Davel en Breyten het onder sy leiding geval.

Die Piaters het in 1993 na Standerton verhuis en hy het vier jaar later afgetree.

“Hy was altyd bereid om almal te help,” het Corné gesê.

Sy dogter, Annalien, onthou haar pa as ’n opperste terggees.

“Hy het gehou van sy boeremusiek en ons gereeld vermaak op die konsertina, kitaar en mondfluitjie,” het sy gesê.

Wyle mnr. Piater sou op 20 November sy 83ste verjaarsdag vier.

’n Roudiens het op 23 September in die N.G. Kerk se Suidgemeente plaasgevind.

Hy word oorleef deur sy eggenoot Baba, dogter Annalien, seuns Eddie (jr), Gustav en Corné, skoondogters, Driekie en Alanda, asook vier kleinkinders en drie agterkleinkinders.

Een seun, Fritsie het in sy matriekjaar gesterf.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button