Carien Schabort aangewys as algehele wenner by VLU-kongres
Die tema vanjaar was ‘eer die verlede, vier die hede en omhels die toekoms’.
Die VLU se Mpumalanga-kongres is op 21 en 22 September by Olifants River Lodge op Middelburg aangebied.
Altesaam 150 vroue het na die geleentheid vir samesyn uitgesien.
Die eerste spreker, Hykie Berg bekend as dr. Conrad van ’n sepie op ’n betaalkanaal, het die lagspiere geprikkel en vroue ’n traan laat wegpik.
Hy het sy lewensgeskiedenis gedeel.
’n Aantal vroue het lidmaatskaptoekennings van 30 tot 50 jaar ontvang.
Tannie Sannie Smith van Val kon nie die kongres bywoon om haar lidmaatskaptoekenning van 65 jaar in ontvangs te neem nie.
Die gala-aand was ’n hoogtepunt met Oja Farms wat vroue hul eie geregte laat maak het,
Dié kompetisie het op 19 Augustus op Middelburg plaasgevind en die uitslae is by die kongres bekendgemaak.
Me. Gerda Büter, voorsitter van die Vaalrivier-tak, het aan al sewe afdelings deelgeneem.
Me. Marietjie Swart, voorsitter van die Kaalspruit-tak, het biscotti gemaak en elkeen het ’n prys ontvang.
Estie Pienaar en Henry van Dyk het gaste later trakteer.
Me. Bokkie Badenhorst, voormalige vise-president van SAVLU, was die spreker op dag twee.
Die tema vanjaar was ‘eer die verlede, vier die hede en omhels die toekoms’.
Me. Badenhorst het gaste laat skaterlag en later is trane weggevee oor hoe die VLU mense bemagtig.
Vroue kon tydens teepouses en etes na die pragartikels kyk wat vroue in elke studierigting gemaak het.
Tydens die prysuitdeling waarop almal in spanning gewag het, is me. Carien Schabort van Tambukiestreek as algehele wenner aangewys.
’n Mpumalanga-projek vir die kongres was ’n item wat gemaak moes word vir ’n bejaarde of gestremde.
SAVLU se projek was om komberse aan behoeftiges te skenk.
Me. Büter het onlangs geskenke aan Kosmos Aftree-oord op Standerton namens die Hoëveldstreek oorhandig.
Inligting: verskaf




