Local newsNews

Koop ‘n strik en ondersteun ‘n kankerlyer

Gemeenskap kan bemoedigende boeke gratis kry by ATKV.

Die ATKV Kosmosrand-tak verkoop weer strikke vir bewusmaking van kanker.

“Dit is weer Oktober en Vrouekankermaand en ons wil mense bewusmaak om gereeld vir ondersoeke te gaan,” het me. Tracey van Wyk, voorsitter van die ATKV se Kosmosrand-tak, gesê.

Die ATKV ondersteun kankerpasiënte emosioneel asook finansieel met vervoer na hospitale en help waar hulle kan met ander behoeftes van kankerlyers en hul gesinne.

Me. Van Wyk het die gemeenskap aangemoedig om die jaarlikse kankerbewusmakingsprojek van die ATKV te ondersteun deur strikke te koop en om bome vas te maak of om dit uit te deel aan vriende en familie.

Die ATKV het ook onlangs hul boekleeshuise-projek geloods waar hulle boekhuisies op verskeie plekke op Secunda en die omgewing opgerig het waar kinders wat ’n behoefte aan lees het, vir hul boeke kan gaan neem om te lees.

Die organisasie skenk ook bemoedigende boeke aan die gemeenskap.

Me. Carla Purves van Secunda Gratis en Verniet-groep wat ook uitreik na behoeftiges, het onlangs boeke van die ATKV ontvang asook babaklere.

Secunda Gratis en Verniet bied op Saterdag, 9 Oktober ‘n ‘krap en vat’-oggend aanbied ter nagedagtenis aan me. Purves se ma, me. Retha Mostert wat op 23 Julie dood is aan Covid-19.

Behoeftige gesinne kan op die dag gaan inloer by me. Purves se huis en vir hulle klere, huisinhoud en selfs speelgoed neem wat gratis beskikbaar sal wees.

Me. Purves se ma was altyd betrokke was by die ‘krap en vat’-aksies.

Sy het haar ma beskryf as iemand wat baie liefde gehad het vir haar medemens, veral kinders en sy het altyd seker gemaak dat die ‘krap en vat’-oggende seepglad verloop en dat elkeen wat dit bygewoon het, met ’n glimlag daar weggestap het en iets kon kry wat hulle nodig het.

Belangstellendes kan me. Van Wyk skakel by 074 103 6381 skakel vir meer inligting of om ’n boek af te haal of om ’n strik te koop.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button