Local newsNews

Soldate wat hul lewe aflê, word op Standerton vereer

Dié geleentheid is gereêl om die militêre veterane wat oorlede is, te vereer. sowel as die soldate wat in die oorlog van 1899-1902 oorlede is.

Die Suid-Afrikaanse Weermagvereniging het op Sondag 26 September ’n gedenkdiens en kranslegging by die begraafplaas in Walter Sisuslu-rylaan, Standerton gehou.

Ds. Henk Boshoff het met skriflesing en gebed geopen.

Dié geleentheid is gereël om die militêre veterane wat oorlede is, te vereer, sowel as die soldate wat in die oorlog van 1899-1902 oorlede is.

Standerskop-eenheid se veterane wat gesterf het, is mnre. Pieter Steenkamp (Desember 2018), Piet Uys (30 Julie 2019), Pieter de Jager (29 Januarie 2020), Thinus Oelofse (Desember 2020), Dawid Kruger (6 Maart 2021), Ernie Arendt (15 Maart 2021), Johan Engelbrecht (16 Maart 2021), Andries Ferreira (10 Mei 2021) en James Hills (15 Julie 2021).

Proteas is ook neergelê wat oorhoofse herdenking van alle soldate wat die hoogste prys in die grensoorlog betaal het, gesimboliseer het.

Die voorsitter, mnr. Jan Bezuidenhout, het die opkoms as teleurstellend beskryf.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button